Man deur trein doodgery
2012-02-08 18:58
Kaapstad – ‘n Man het gesterf nadat hy Woensdagoggend in Khayelitsha, Kaapstad, deur ‘n trein getref is, het Metrorail gesê.
‘n Leë trein het die man omstreeks 04:00 naby die Nolungile-stasie getref. Hy is noodlottig beseer, het Lindelo Matya, streeksbestuurder, gesê.
Heelwat treine is met ure vertraag terwyl die polisie ondersoek ingestel en die lyk teruggevind het, het hy gesê.
Dinsdag is ‘n vrou en haar twee kinders dood toe hulle voor ‘n aankomende trein gestaan het buite Eersterivier in Strand. ‘n Vrou is ook Dinsdag in Edendale, Pietermaritzburg, deur ‘n trein doodgery. Haar tweejarige baba is nie beseer nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA