Man deur honde verskeur
2010-05-10 04:01
Johannesburg – ‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ‘n jong man van Vanderbijlpark deur bull terriërs verskeur is, het paramedici Sondag gesê.
Die man, vermoedelik in sy vroeë twintigs, was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel.
Volgens Tristan Wadeley, ER24-woordvoerder, het die slagoffer glo op die hoewe gewerk waar hy aangeval is.
- Sapa