Man deur honde aangeval, doodgebyt
2011-12-10 17:52
Johannesburg – 'n Man is Saterdagoggend buite Zeerust in die Noordwes-provinsie deur honde aangeval en doodgebyt.
Polisiewoordvoerder Duduzile Zwane het gesê 'n inwoner van die Gopane-nedersetting het op die man afgekom waar hy kaal in die straat gelê het met sy ore afgebyt en 'n geswelde gesig. Hy het steeds asem gehaal.
Die inwoner het wakker geword van die man se gille en honde wat blaf.
Nooddienste is na die toneel ontbied, maar die slagoffer is later dood verklaar.
Die onbekende man het vermoedelik van 'n nabygeleë kuierplek gestap toe die honde hom aangeval het, het Zwane gesê.
Die saak word tans ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA