Man dagvaar polisie ná motorseks-moord
2011-01-12 18:00
Nelspruit – 'n Timmerman van Limpopo eis meer as R1,7 miljoen in skadevergoeding van die minister van veiligheid en sekuriteit nadat hy in hegtenis geneem is op bewerings dat hy 'n man, met wie sy meisie in 'n motor seks gehad het, doodgeskiet het.
Beka Israel Linda het dokumente by die Pretoriase hooggeregshof ingedien waarin hy aanvoer dat sy inhegtenisname in Augustus 2004 kwaadwillig was en dat hy 348 dae in aanhouding was voor die aanklagte weens 'n gebrek aan getuienis teruggetrek is.
Linda het gesê daar was geen rede vir die polisie om te vermoed dat hy by die moord betrokke was nie.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter