Man byt vrou, probeer haar verkrag
2011-05-24 17:57
Pretoria - ‘n 22-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die poging tot verkragting van ‘n 46-jarige vrou in Akasia, noord van Pretoria, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.
Volgens kapt. Solly Marindi is die man kort ná 19:00 Maandag in hegtenis geneem. Hy is in besit van die vrou se selfoon betrap.
Die man het die vrou glo by ‘n park ingesleep, haar aan die skouer gebyt en haar met ‘n klip geslaan toe sy weerstand gebied het.
Hy het toe met die selfoon gevlug.
Die polisie het die man by sy gesin se huis in hegtenis geneem.
Hy sal binnekort in die hof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA