Man by musiekkonsert doodgesteek
2011-07-09 13:03
Johannesburg – 'n Man is dood nadat hy Saterdagoggend met 'n mes by 'n musiekkonsert in Lebode in die Oos-Kaap aangeval is, het die polisie gesê.
Kaptein Zamukulungisa Jozana het gesê die 28-jarige slagoffer was in 'n rusie met 'n ander man betrokke toe hy doodgesteek is by die konsert wat deur die radiostasie van 'n universiteit aangebied is.
Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Jozana het gesê die man wat die slagoffer aangeval het, het weggehardloop. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA