Man by Durbanse strand doodgeskiet
2010-07-31 21:50
Durban – ‘n Man is Saterdagaand doodgeskiet by die Lower Marine Parade-strandfront in Durban, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
“Die man, moontlik in sy veertigs, het ‘n skietwond in die borskas opgedoen,” het Vanessa Jackson, ER24-woordvoerder, gesê.
Die skietwond was noodlottig en die slagoffer is op die toneel dood verklaar.
Volgens Jackson ondersoek die polisie die voorval.
Geen verdere inligting is nog beskikbaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA