Man buite kroeg vermoor
2009-12-20 16:34
Johannesburg – ‘n 25-jarige man is Sondagmiddag buite ‘n kroeg in Willowmore in die Oos-Kaap vermoor, het die polisie gesê.
“Die man het saam met vriende by die Barcelona Tavern gedrink, waarna sy lyk buite gevind is,” het polisie woordvoerder insp. Zandisile Matthews gesê.
Die man is in die hand en in die skouer gesteek.
“Ons vermoed dat alkohol agter die geweld is,” het Matthews gesê.
Die polisie het verdagtes in hegtenis geneem, maar daar is nog nie meer inligting beskikbaar nie.
- Sapa