Man beseer toe hy van trein afspring
2010-04-20 03:46
Johannesburg – 'n Man is ernstig beseer toe hy Maandag in Kempton Park, oos van Johannesburg, van 'n bewegende trein wou afklim, het Gautengse paramedici gesê.
Die 30-jarige man is beseer toe sy voet by die Kempton Park-stasie tussen die platform en die bewegende trein ingegly het, het Netcare 911 se woordvoerder, Chris Botha, gesê.
Die trein het hom saamgesleep tot dit tot stilstand gekom het. Sy voet is in die proses ernstig beseer.
Hy is op die toneel behandel voor hy na die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal geneem is.
- SAPA