Man beseer ná ontploffing by huis
2011-10-19 16:31
Johannesburg – 'n Man is ernstig beseer in 'n ontploffing by sy huis in Helderkruin in Roodepoort aan die Wes-Rand, het paramedici Woensdag gesê.
"Die 31-jarige man was ten tyde van die ontploffing alleen in die slaapkamer," het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê.
Die man het brandwonde aan sy gesig, arms, borskas en bene opgedoen en is in 'n stabiele toestand in die hospitaal. Die oorsaak van die ontploffing is nie bekend nie.
"Bure het gesê die mure van hul huis het geskud," het Jackson gesê.
Niemand anders is beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA