Man beboet oor sak dagga
2011-08-30 14:42
Oos-Kaap – 'n Man is 'n boete van R2 000 in die Willowvale-landdroshof in die Oos-Kaap opgelê vir daggahandel, het die polisie Dinsdag gesê.
Sonwabo Sinkathi (22) is in die Ntsimbini-nedersetting in Nkanga in hegtenis geneem nadat 'n sak dagga in sy besit gevind is, het kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, gesê.
Die polisie het ook daggaplante in sy tuin gevind.
Die hof het ho, 12 maande tronkstraf of 'n boete van R4 000 opgelê, waarvan die helfte opgeskort is.
Manatha het gesê Sinkathi het die R2 000 betaal.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA