Man agter tralies vir brandstigting
2010-04-20 22:03
Johannesburg – ‘n 47-Jarige man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om sy vervreemde meisie se plakkershut in Balfour, Mpumalanga aan die brand te steek, het die polisie gesê.
Hy het Sondagaand probeer om haar hut in Vlakfontein aan die brand te steek, het sers. Sam Tshabalala gesê.
“Sy was vas aan die slaap, toe sy van ‘n petrolreuk wakker geword het. Sy het hom buite sien staan en die polisie gekontak nog voordat hy die brand kon begin.”
Volgens Tshabalala het die man weggehardloop toe hy haar sien.
Hy sal binnekort in die Balfour-landdroshof verskyn.
- Sapa