Man aangekeer oor beweerde bedrogspul

2010-10-13 09:02
Tweets Share Share line Print

Welkom - ’n Man van Welkom wat sedert 2003 verskeie kere met die gereg gebots het, is weer in hegtenis geneem nadat Goudvelders na bewering met ’n beleggingskema en beloftes van goedkoop motors uit sowat R3 miljoen bedrieg is.

Pensioentrekkers is hul enigste geld kwyt, mense het hul huise verloor en ’n man wat sy werk in Tanzanië bedank het, is nou werkloos.

Shane Labuschagne (40) is ná sy jongste inhegtenisneming hier in die landdroshof op borgtog van R20 000 met baie streng voorwaardes vrygelaat. Hy moet op 28 Oktober weer in die hof verskyn.

Talle ouers met kinders op universiteit het na bewering met een van Labuschagne se skemas duisende rande verloor.

Hy sou glo vir hulle Volkswagen Golfs teen R15 000 elk by die staatsgarage in Pretoria kry.

’n Sakeman van Odendaalsrus, wat Labuschagne jare reeds ken, het glo talle kennisse aangeraai om van die aanbod gebruik te maak. Hulle het hul geld aan hom gegee en hy het dit aan Labuschagne oorbetaal, maar die motors het nie bestaan nie.

’n Afgetrede vrou van Odendaalsrus het glo R310 000 by Labuschagne belê. Nadat sy hom gekonfronteer het omdat die rente nie meer betaal word nie, is ’n tjek vir R432 000 in haar rekening inbetaal. Daar was egter geen geld nie.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad (die Valke) in die Vrystaat, sê tientalle klagte word nou teen Labuschagne ondersoek.

Hy sê volgens die voorlopige ondersoek is beleggers rente van tot 20% per maand belowe.

Hul beleggings is gebruik om geld teen hoë rente aan staatsamptenare uit te leen.

Mophiring sê ná Labuschagne se inhegtenisneming het nog klaers na vore gekom en die polisie vermoed dat nog mense na bewering bedrieg is.

Hulle word versoek om kapt. Neels Goosen van die polisie se handelsmisdaadeenheid in Welkom by 082 562 4354 te bel.

Labuschagne was in 2007 in die nuus toe beweer is dat hy mense uit duisende rande gekul het met die vals hoop van opleiding en werk op myne.

Hy is in hegtenis geneem, maar vrygespreek. Hy was by die Lengau-opleidingsentrum betrokke. 

- Volksblad

Lees meer oor: welkom  |  bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.