Man (86) in sy huis aangeval
2010-08-01 14:57
Johannesburg – ‘n Bejaarde man is op sy kleinhoewe in St. Albans, Port Elizabeth aangeval het die polisie Sondag gesê.
Vier mans het Jack Bergman (86) in sy bed aangeval nadat hulle vroeg Sondagoggend deur ‘n venster toegang tot sy huis verkry het, het kapt. Sandra van Rensburg gesê.
‘n Sekuriteitsmaatskappy het die pensioenaris gevind, wat alleen woon, nadat sy huis se alarm afgegaan het.
“Die slagoffer het verskeie gesigsbeserings opgedoen sowel as steekwonde.”
Die man is na die Livingstone-hospitaal geneem.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA