Man (73) verkrag glo meisie (7)
2009-09-23 00:42
Johannesburg - 'n 73-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n 7-jarige meisie na sy rondawel gelok en haar verkrag het.
Kapt. Thozama Solani, 'n polisiewoordvoerder, het gesê dié man woon in dié rondawel op die erf van die meisie se ouerhuis in Dimbaza in die Oos-Kaap.
"Hy het die meisie Maandag gevra om saam met hom na sy rondawel te gaan. Toe hulle by die rondawel kom het die man haar beveel om haar klere uit te trek."
Die meisie het geweier en begin skree.
Haar tante het haar gille gehoor en na die rondawel gehaas.
"Toe sy by die rondawel kom het sy gesien wat gebeur het, het sy die polisie ontbied en die saak aangemeld."
Die man sal na verwagting Woensdag in die Dimbaza-landdroshof verskyn.
– Sapa