Man (70) vas vir moord
2011-12-12 18:56
Johannesburg – ‘n Sewentigjarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n man in Mankweng, Limpopo, het die polisie Maandag gesê.
Hy is Sondag by sy huis in hegtenis geneem, het konst. Moses Molepo gesê.
Molepo het gesê die bejaarde man het die ander man drie maal in die bors gesteek tydens ‘n argument buite ‘n taverne Vrydagaand.
Die 49-jarige slagoffer is Sondag in ‘n plaaslike hospitaal dood.
“Die oorsaak van die argument was nie onmiddellik duidelik nie. Dit maak deel uit van die ondersoek,” het Molepo gesê.
Die man sal na verwagting Dinsdag in die Mankweng-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA