Man (57) naby Welkom geskiet
2011-07-31 23:10
Welkom, Vrystaat – 'n Man is doodgeskiet en twee mense is gewond toe twee verdagtes die slagoffers by hul huis in Phomolong naby Welkom in die Vrystaat aangeval het, het die polisie Sondag gesê.
Twee mans met klapmusse het die huis Saterdagaand omstreeks 19:00 binnegegaan en gesê hulle wil kos koop," het kaptein Stephen Thakeng gesê.
Die mans het toe skielik wapens te voorskyn gebring en 'n vrou, Bongiwe Mathumbo (40), in die maag geskiet voordat hulle drie skote na 'n Zimbabwiese man (27) gevuur het.
Hulle het daarna uit die huis gegaan en die vrou se man, Vincent Chiya (57), in sy rug geskiet waarna hulle op die vlug geslaan het.
Chiya is op die toneel dood verklaar en die twee beseerdes is na 'n hospitaal vir behandeling geneem.
Die motief vir die aanval is nie bekend nie. 'n Saak van moord en twee van poging tot moord is oopgemaak.
Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA