Man (30) pleit skuldig oor kinderporno
2010-06-22 23:03
Pietermaritzburg - 'n Inwoner van Howick in Kwazulu-Natal, Derek Hills (30), het Dinsdag in die Pietermaritzburg-streekhof skuldig gepleit op 'n klag van die besit van kinderpornografie.
Hills was glo in besit van 24 foto's van kinderpornografie betrap. Al die kinders op die foto's was glo 12 jaar of jonger.
Hy sal op 22 Julie sy vonnis ontvang.
Die foto's was vanaf die VSA via e-pos aan Hills gestuur. 'n Man daar wat sterk verbintenis het tot Mark Armstrong, die persoon wat die foto's geneem het, is onlangs tot 75 jaar tronkstaf opgelê.
Voordat Hills sy vonnis sal ontvang, moet getuienis eers deur 'n lid van korrektiewe dienste, sowel as 'n sielkundige, gelewer word.
Hills het erken dat hy verkeerdelik opgetree het en ontvang tans glo sielkundige berading en geestelike begeleiding van 'n kerkleier.