Man (24) verkool in winkel
2009-11-04 12:12
Johannesburg – ‘n Bangladesjiese man het Woensdagoggend in sy winkel in Giyani in die Limpopo-provinsie doodgebrand.
Volgens supt. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het die polisie omstreeks 01:30 ‘n oproep ontvang dat Amin Uddin (24) se winkel besig was om te brand.
Met hulle aankoms op die toneel het die polisie Uddin se verkoolde liggaam in die winkel gevind.
Ramatseba kon nie bevestig of Uddin in sy slaap aangeval is nie. “Dit moontlikheid bestaan dat hy vermoor is, maar die voorval word steeds ondersoek.”
–Sapa