Man (23) brand dood
2010-07-13 21:55
Johannesburg – ‘n 23-jarige man het dood gebrand toe sy plakkershut in Uitenhage Dinsdag aan die brand geslaan het, het die Humansdorp-polisie gesê.
“Die man se bure het vroeg Dinsdagoggend wakker geword nadat hulle rook geruik het. Hulle het ondersoek ingestel en gesien dat Loyiso Ngcoza se hut heeltemal afgebrand het. Hy was binne vasgekeer,” het ao. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, gesê.
Ngoca het glo ‘n vuur in ‘n drom gemaak en dit in sy hut gesit om warm te bly deur die nag.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA