Malema wou nóg ’n plaas koop

2011-08-06 10:00
Tweets Share Share line Print

Die ingang na die plaas Schuilkraal naby Polokwane wat mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, glo wou koop, Foto: Marietie Louw-Carstens

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Julius Malema, ANC-jeugleier, sou glo R800 000 as ­kontantdeposito vir ’n plaas van R3,5 miljoen neersit.

Volgens Dries Kotzé (63), die ­eienaar, het Malema kop uitgetrek weens al die media-aandag op hom.

Die plaas Schuilkraal, sowat 12 km wes van Polokwane, is 139 ha groot.

Volgens bure het Kotzé die laaste paar maande vertel Malema het hom op die plaas besoek en dat hy ’n gentleman is.

Die koopprys is glo op R3,5 miljoen vasgestel, wat Malema in twee of drie paaiemente sou afbetaal nadat hy ’n kontantdeposito van R800 000 betaal het. Kotzé het gistermiddag aan Beeld gesê hy is ’n week gelede in kennis gestel Malema het die koop gekanselleer.

“Ek glo dit is as gevolg van al die gerugte.”

Kotzé het geweier om die prys te bevestig en verder daaroor te praat.

“Die plaas is nie in sy naam nie, dit is nog in my naam. Daar is niks meer as dit nie.

“As jy hieroor gaan skryf, gaan daar moeilikheid wees,” het Kotzé gesê.

Toe Beeld Kotzé gisteraand weer bel, het hy gesê Malema het vier maande gelede net R1,5 miljoen aangebied vir die plaas. Dit is baie minder as wat Kotzé wou hê en die plaas is daarom nie verkoop nie.

Sy bure meen die transaksie gaan voort en daar word nou moontlik net probeer om die media te mislei.

Een van die bure beweer daar is al ’n geruime tyd sprake dat ’n teerpad van sowat 20 km oor die plaas gebou gaan word, maar Kotzé het gesê hy weet niks daarvan nie.

Die Mail & Guardian (M&G) het gister berig Malema se trust, The Ratanang Family Trust, besit aandele in die maatskappy On-Point Engineering, wat in 2009 ’n kontrak ontvang het om die programbestuurseenheid van Limpopo se departement van paaie en vervoer te bestuur. Dié eenheid se pligte sluit die beplanning van, kontraktering vir en toesig oor padwerk in.

Daarvoor sou die maatskappy oor drie jaar R52 miljoen betaal word.

“Dit beteken Malema het ’n indirekte invloed oor aan wie tenders toegeken word,” lui die berig.

Malema, On-Point en die departement het dit aan M&G ontken.

Floyd Shivambu, jeugliga-woordvoerder, het gister geweier om Beeld se navrae oor die koop van die plaas en die deurpad te beantwoord.

Jan Kampherbeek, Kotzé se prokureur, het ook geweier om enige vrae oor die plaas te beantwoord.

Malema het onlangs in die spervuur beland weens bewerings dat hy sy Sandton-huis van R3,6 miljoen gesloop het om plek te maak vir sy nuwe “paleis” van sowat R16 miljoen.

Hy besit glo nog ’n huis buite Polokwane wat hy in 2007 vir R1 miljoen kontant gekoop het en City Press het onlangs beweer hy het ’n deel van ’n plaas vir R900 000 kontant gekoop.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: julius malema  |  plase

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.