Malema wéér in die sop
2011-11-27 19:55
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) sal klagtes van haatspraak teen die ANC-jeugligaleier Julius Malema ondersoek, het die Afrikanerbond gesê.
“Dit is van uiterse belang dat die Menseregtekommissie ‘n beslissing oor haatspraak maak wat demokrasie en minderheidsgroepe bedreig,” het die hoofsekretaris Jan Bosman gesê.
Die verhoor sal Maandag en Dinsdag in Johannesburg plaasvind.
Vincent Moaga, ‘n woordvoerder van die MRK, het Sondag bevestig die verhoor sal vandeesweek plaasvind.
Die Afrikanerbond het gesê hulle het drie klagtes van haatspraak teen Malema sedert Maart verlede jaar gelê.
“Dit gaan oor ‘n hele lys van Julius Malema se openbare uitlatings teen minderheidsgroepe,” het Bosman gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA