Malema-vriend kry glo baie geld vir niks werk
2010-07-16 12:00
Johannesburg - 'n Bondgenoot van Julius Malema ontvang glo elke maand ‘n salaris van R35 000 ten spyte van die feit dat hy ‘n jaar laas by die werk was.
Frans Moswane, wat ‘n kommunikasiebeampte by ‘n munisipaliteit in Limpopo was, het sedert Junie 2009 glo nog nie weer opgedaag vir werk nie, het IOL berig.
Moswane skuld die departement van ekonomiese ontwikkeling in Limpopo na bewering ook sowat R100 000 nadat hy per abuis steeds sy salaris ontvang het ten spyte van die feit dat hy bedank het.
Volgens twee anonieme bronne het Moswane se afwesigheid op kantoor heelwat onmin onder ander werkers veroorsaak.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.