Malema-verhoor wéér vertraag
2011-11-02 13:13
Johannesburg – Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor is wéér uitgestel en word die naweek hervat.
Die tugpaneel sou Dinsdag slotbetoë aanhoor, maar die verhoor is tor Saterdag uitgestel.
Die verdediging- en vervolgingspan het glo nie betyds die rekords van die verhoor ontvang om hul slotbetoë saam te stel nie.
Slotbetoë sal na verwagting 'n halwe dag duur.
Indien Malema skuldig bevind word op aanklagte dat hy die ANC in oneer bring en verdeeldheid saai in die party, kan hy geskors of uit die regerende party geskop word.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter