Malema-verhoor uitgestel
2011-10-06 12:32
Johannesburg – Die dissiplinêre verhoor van Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, is tot 15 Oktober uitgestel nadat hy gehospitaliseer is, het Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se tugkomitee, Donderdag in 'n verklaring gesê.
"Die tugkomitee wens Malema 'n spoedige herstel toe."
Malema is Woensdag in die hospitaal opgeneem en kon nie Donderdag se verhoor bywoon nie.
Sy regspan het Donderdagoggend gesê hulle gaan vra dat die dissiplinêre verhoor uitgestel word.
Malema word daarvan aangekla dat hy verdeeldheid saai in die ANC.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24