Malema vaar uit teen tugkomitee
2011-11-16 12:36
Johannesburg – Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, het gesê die jeugliga gaan teen sy leierskap se skorsing appelleer.
"Ons het formeel besluit om teen die bevindinge van die NTK (nasionale tugkomitee) te appelleer. Ons kan al die ondersteuners van die jeugliga verseker dat die bevindinge as ongegrond geoordeel sal word," het Malema Woensdagoggend op 'n mediakonferensie by Luthuli-huis gesê.
"Nog nooit in die ANC se geskiedenis van 100 jaar was daar 'n meer belangrike oproep vir aksie nie: 'Ontban die ANC-jeugliga en verdedig die stem van die stemlose'," het Malema gesê.
Die jeugliga verwerp die uitkoms van die nasionale tugkomitee wat die leierskap van die ANC-jeugliga geskors het, het Malema gesê.
Hy het gesê dit is duidelik dat die ANC die jeugliga ten alle koste wou vervolg.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter