Malema vaar uit teen die media
2010-08-07 22:05
Bloemfontein - “Ons het reeds besluit. Ons wil hê die parlement moet die tribunaal wet maak.”
Só het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), Saterdag tyens ‘n ANCYL-konferensie in Bloemfontein gesê.
“Die media dink hulle is onaantasbaar,” het Malema verduidelik waarom die media gereguleer moet word.
Volgens hom kan die ombudsman nie beide ‘n speler en ‘n skeidsregter op dieselfde tyd wees nie.
“Hierdie mense is gevaarlike. Hulle skryf skindernuus en gee dit voor as feite,” het hy aan die konferensiegangers gesê.
Malema het bygevoeg dat die media sy eie lewe en die van sy familielede in gevaar gesit het ná die dood van die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.
Hy het ook gesê dat die media “op hoorsê” byna die politieke loopbaan van Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, verwoes het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA