'Malema uit konteks aangehaal' - ANC

2010-03-11 12:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die ANC het Julius Malema, die president van die ANC-jeugliga, Donderdag verdedig nadat hy “skiet die boere, hulle is verkragters,” gesing het.

Volgens hulle is die lirieke van die liedjie uit konteks aangehaal.

“Kom ons praat op ‘n gepaste wyse oor die saak. Moenie vir Julius blameer nie. Eintlik sal ek hom op hierdie een verdedig,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, Donderdagoggend aan Sapa gesê.

“Hierdie liedjie is vir baie jare gesing, selfs voor Malema gebore is. Julius weet nie eers wie die skrywer van die liedjie is nie. Hy het dit van ons [die ANC] gekry. Julle moet die ANC blameer, moenie vir Julius blameer nie.

“Maar as julle die ANC blameer, sit dit in konteks.”

Volgens Mthembu was dit ‘n ou struggle-liedjie wat Malema by sy ANC-kollegas geleer het.

Daar is so baie liedjies in Suid-Afrika se geskiedenis wat mense kan te na kom, het hy gesê. Hy het verwys na "liedjies oor generaals" - 'n moontlike verwysing na die Afrikaanse trefferlied De la Rey.

Die liedjie wat Malema gesing het was nie daarop gemik om die boere aan te val nie, het Mthembu gesê.

“As jy nie na die liedjie in geheel kyk nie, verloor jy die betekenis,” het hy gesê voordat hy dit oor die telefoon vir Sapa begin sing het.

“Die liedjie sê, ‘sommige mense is lafaards’, en dan word daar gesê ‘gebruik jou geweer om te skiet’, want dit herinner aan oorlog,” het Mthembu verduidelik.

Dit verwys na alle mense wat lafaards is, insluitende swartmense wat lafaards is, het hy gesê.

Die liedjie is glo ook in die verlede deur wit vryheidsvegters gesing.

Malema staar ‘n kriminele klag en ‘n klag van die Menseregtekommissie in die gesig nadat hy glo by die universiteit van Johannesburg "Dubula amabhunu baya raypha" (Zoeloe vir ‘skiet die boere, hulle is verkragters’) saam met ‘n groep studente gesing het.

- Sapa
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
119 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Heidi sê... WARE WOORDE!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.