Malema uit hospitaal ontslaan
2011-10-09 09:56
Johannesburg – Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), is uit die hospitaal ontslaan, het die SABC Sondag berig.
Istha McMillan, woordvoerder vir die Limpopo Medi-Clinic, het bevestig dat Malema ontslaan is, het die openbare uitsaaier berig.
Die ANCYL-leier is Woensdag by ‘n hospitaal in Polokwane opgeneem nadat hy aan “griepsimptome” gely het.
Die ANCYL het vroeër vandeesweek geweier om verdere inligting oor Malema se gesondheid te verskaf.
Malema se tugverhoor, wat Donderdag sou voortduur, is tot 15 Oktober uitgestel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA