Malema-teenstander uitgejou
2011-06-16 13:49
Midrand – Lebogang Maile, wat sy oog op Julius Malema se topposisie in die ANC-jeugliga het, is Donderdag uitgejou by die liga se nasionale konferensie by Gallagher Estate in Johannesburg.
Maile, voorsitter van die jeugliga se afdeling in Gauteng, was besig om afgevaardigdes by die eerste dag van die konferensie te verwelkom.
Toe hy egter “Viva ANC” skree, het die skare “Viva Juju” geantwoord.
Juju is ‘n noemnaam vir Julius Malema.
Maile is ook deur die skare uitgejou tydens die eerste paar minute van sy toespraak.
Afgevaardigdes wou vroeër nie ophou om liedjies ter ondersteuning van ‘n tweede termyn as jeugleier vir Malema te sing nie.
Andile Lundisa, the programbestuurder vir die eerste dag van die vier dag lange konferensie, het die gehoor gevra om nie name te noem wanneer hulle die liedjies sing nie.
Afgevaardigdes het egter eenvoudig voortgegaan om vir Malema te sing toe sy die podium verlaat.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA