Malema steel kalklig by ANC-opskop

2010-01-10 07:05
Tweets Share Share line Print

Suné Kitshoff

Johannesburg - Die omstrede ANC-jeugleier, Ju­lius Malema, het die kalklig gesteel tydens die regerende party se 98ste verjaardag-opskop in Kimberley die afgelope twee dae.

Ursula Chikane, die gasvrou op ’n dinee Vrydagaand in die Galeshewewoonbuurt, het selfs ’n bietjie Malema-glans probeer steel met ’n grappie wat verwys na sy reputasie as ’n jaagduiwel.

Sy het vertel sy moes op kort kennisgewing van Johannesburg na Kimberley ry omdat haar vlug gekanselleer is.

Dit het nie gelyk of sy betyds in Kimberley sou wees nie omdat sy “met wetsgehoorsaamheid gestraf is”.

Sy besluit toe maar om “haar lyf Juju (Malema se bynaam) te hou” en versnel toe van haar “normale” 80 km/h tot 154 km/h.

Toe ’n verkeersbeampte haar van die pad aftrek, kyk sy op na hom en sê met ’n glimlag: “Weet jy nie wie ek is nie? Ek is Julius Malema.”

Malema, wat naby pres. Jacob Zuma in die voorste gestoeltes gesit het, het geskaterlag.

Ook die Gautengse premier en mede-gasvrou, Nomvula Makonyane, het spesiale erkenning aan Malema gegee. Sy het elke spreekbeurt tydens die dinee begin met die woorde: “Wees gegroet, Julius.”

By gister se vergadering is Malema luid deur die duisende toeskouers toegejuig.

Hy het oudergewoonte die geleentheid gebruik om ’n stekie in te kry.

Dié keer was dit na die “super-revolusionêre”, ’n bedekte verwysing na die SAKP.

- Rapport

 

Lees meer oor: julius malema  |  anc

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.