Malema soek 80% van wit grond

2011-10-23 07:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die ANC-jeugliga wil 80% van alle grond in wit besit hê vir die swart meerderheid, het mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, Saterdag voor honderde jeugdiges en werkloses in die Diepsloot-township, noord van Johannesburg, gesê.

Malema het steun gewerf vir die jeugliga se massa-optogte Donderdag en Vrydag in Johannesburg en Pretoria.

Hy het gesê al wat hulle gelukkig gaan maak, is as hulle (wit monopolie-kapitaliste) “hul grond en rykdom aan ons oorhandig”.

“As jy 1 000 ha grond het, wil ons 800 ha daarvan hê. En ons gaan nie daarvoor betaal nie, want ons het nie geld nie.

“As hulle my in die tronk wil gooi omdat ek vra wat aan ons behoort, kan hulle dit maar doen.”

Volgens Malema sal hy ook nie eens antwoord op die strafregtelike klag wat AfriForum teen hom ingedien het nadat hy Woensdag sou gesê het dat mense grond moet afvat nie.

Intussen glo ANC-leiers dat die ANC-jeugliga en sy politieke vennote die optogte na die Kamer van Mynwese, die JSE en die Uniegebou wil gebruik om regime-verandering in die ANC te eis.

’n Senior bron by Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor, sê die optogte is versigtig georkestreer om munt te slaan uit die woede van arm mense in informele nedersettings in Gauteng.

Winnie Madikizela-Mandela word as ’n kernvennoot van die jeugliga gesien omdat sy na bewering hard in die townships, waar sy groot aanhang geniet, steun gewerf het vir die optogte.

Sy was nie Saterdag beskikbaar vir kommentaar nie.

Malema hou vol die optogte is gemik teen armoede, werkloosheid en in belang van grond- en daklose mense en informele nedersettings.

Hy het in Diepsloot gesê daar word gesê dat hy die ANC of pres. Jacob Zuma se regering omver wil werp wanneer hy oor bogenoemde praat, maar dat dit nie die geval is nie.

’n Bron sê Malema weet hy gaan geskors word en gebruik die optogte as ’n dreigement “dat daar chaos sal wees as ek geskors word”.

Die beplande optogte blyk erge verdeeldheid in die regerende alliansie te veroorsaak, met veral die SAKP-leier, dr. Blade Nzimande, sy jeugvleuel, en Nathi Mthethwa, minister van polisie, wat dit veroordeel, terwyl Cosatu dit uit beginsel wil ondersteun.

Die SAKP se Jong Kommunisteliga hou egter van Woensdag tot Vrydag ’n aparte beraad oor werk vir jeugdiges in Midrand, wat onder meer deur Zuma, adj.pres. Kgalema Motlanthe, talle senior ministers en vakbondgrootbase toegespreek gaan word.

Intussen is die beplande optogte ook Donderdag erg deur sprekers by ’n beraad van die onderwysersvakbond Sadou in Durban gekritiseer, berig Sapa.

Afgevaardigdes het liedere gesing en daarop gesinspeel dat as die jeugliga teen Zuma wil protesteer, “sal daar moeilikheid wees”.

Mthethwa het daar gesê die jeug­liga speel op arm mense se gevoelens.

Dit kom nadat Malema luidens die dagblad The Times Woensdag in Thembelihle, in die suide van Johannesburg, gesê het: “Ons sien net die beloofde land van melk en heuning op televisie.

“Ons sien dit deur te kyk na mense met boeppense. Ons wil ook soos dié wit mense lewe.”

Intussen sê die polisie hy is slaggereed vir dié week se optogte.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
81 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.