Malema skel glo verkeersbeamptes uit

2009-11-01 08:03
Tweets Share Share line Print

Piet Rampedi en Moffet Mofokeng

Johannesburg - Nege verkeersbeamptes van Limpopo is glo in die pekel nadat hulle dit gewaag het om mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, se spoggerige Range ­Rover van die pad te trek weens ’n spoedoortreding.

Só sê twee verkeersbeamptes wat op 14 Oktober op die toneel was toe Malema glo senior politici gekontak het om hom te kom help.

Die betrokke verkeersbeamptes het ook opdrag van die provinsiale departement gekry om skriftelike verklarings af te lê oor waarom hulle “mnr. Malema so sleg behandel het” op die pad tussen Polokwane en Seshego – sy tuisdorp.

Volgens die twee verkeersbeamptes het hulle die motor gesien toe dit daardie Woensdagmiddag na die hoofverkeersirkel in Seshego op pad was. Hulle het glo aan die bestuurder beduie om stil te hou, maar hy het sy ligte bloot begin flikker.

Malema se bestuurder het glo in die middel van die pad stilgehou, waarop Malema en die ander insittendes uitgespring en die verkeersbeamptes begin uittrap het.

Malema het hulle glo toegesnou: “Wie dink julle is julle? Besef julle nie ek is Julius, president van die jeugliga, nie? Ek weet van julle haat my.”

Hy het glo hierop verskeie senior ANC-lede en regeringslui gebel en gesê hulle moet hul ondergeskiktes “dissiplineer”.

Volgens die verkeersbeamptes het Malema ook mnr. Pinkie Kekana, LUR vir vervoer, gebel. Hy het glo op sy beurt mnr. Ntau Letebelele, departementshoof, gekontak, wat mnr. Walter Sathekge, verkeersbestuurder, opdrag gegee het om na die toneel te gaan.

Daar aangekom het Sathekge glo die verkeersbeamptes gevra om die omstandighede betreffende die herrie te verduidelik.

Sathekge wou nie verlede week hierop kommentaar lewer nie en het sy selfoon vir mnr. Wisani Ngobeni, departementele woordvoerder, gegee.

Die verkeersbeamptes beweer die departement het hulle die volgende dag per brief versoek om geskrewe verklarings af te lê oor die manier waarop Malema behandel is.

Die nege verkeersbeamptes het toe glo gesamentlik ’n brief geskryf waarin hulle geweier het om verklarings af te lê sonder ’n geskrewe klag van Malema.

“Ons kan nie reageer op mondelingse klagtes van Julius nie. As Julius gekla het, moet hulle vir ons ’n brief wys waarin hy verduidelik wat gebeur en hoe ons hom sleg behandel het.”

Malema was gister woedend toe Rapport se susterskoerant City Press hom gekontak het. Hy het die bewerings as “gemors” afgemaak.

“Ek gee nie om vir julle nie,” het Malema gesê. “Wena (jy) veral, jy sal niks aan my doen nie…

“Jy is ’n klein seuntjie. Jy mag my nooit weer kontak vir kommentaar nie. Ek wil nooit weer jou lelike stem op my selfoon hoor nie.”

Ngobeni het in reaksie op ’n navraag van City Press gesê die bewerings is “bespiegelend” en dat die vrae “onlogies” is.

Volgens Ngobeni het die departement geen rekord van só ’n voorval nie, wat beteken “dit het waarskynlik nooit gebeur nie”.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Software Engineers

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R35000 - R50000

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.