Malema sing saam anti-Zuma liedjies
2011-12-17 18:00
Johannesburg – Ondersteuners van die premier van Limpopo, Cassel Mathale, het anti-Jacob Zuma liedjies gesing by die provinsiale konferensie wat Saterdag by die Universiteit van Limpopo begin het, het RSG berig.
Die geskorste president van die ANC jeugliga, Julius Malema, steun Mathale. Malema is deur sommige ANC takke benoem as 'n bykomende lid van die provinsiale uitvoerende komitee.
Malema se teenstander, Lehlohonolo Masoga, wat uit die liga geskors is, steun die adjunkminister van kuns en kultuur, Joe Phaahla, wat ook in die provinsiele voorsitterskap belangstel.
Dit is die eerste verkiesingskonferensie in aanloop tot die nasionale een in Mangaung.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG