Malema sing nuwe deuntjie
2010-05-22 19:36
Johannesburg – Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het die woorde van sy omstrede “Skiet die boer”-lied aangepas en sing nou “Soen die boer”.
Malema en afgevaardiges het opgewonde by 'n konferensie in KwaZulu-Natal saam die nuwe weergawe van hierdie lied gesing.
“Soen die boer, soen die boer”, het Malema gesing gevolg deur die woorde "Dubula igwala" (skiet die lafaard).
Die hof het vroeër vanjaar beslis dat hierdie Struggle-lied onwettig is.
- Sapa