‘Malema se woorde gevaarlik'

2009-11-25 06:30
Tweets Share Share line Print

Daniëlla du Plooy

Johannesburg - As politikus moet Ju­lius Malema, leier van die ANC-jeugliga, sy woorde weeg en besef watter invloed dit kan hê.

Só het Chris Todd, prokureur van die Sonke Gender Justice Network (SGJN), gister in die gelykheidshof in Johannesburg gesê.

Mbuyiselo Botha, SGJN-raadgewer, het Malema vroeër voor dié hof gedaag vir haatspraak en teistering nadat hy geweier het om verskoning te vra vir sy opmerkings voor studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.

Albei regspanne het gister hul slotbetoë gelewer. Malema was nie teenwoordig nie.

Malema het hom in Januarie uitgelaat oor die verkragtingsaanklag waarop pres. Jacob Zuma in 2006 onskuldig bevind is.

Malema het gesê Khwezi (die klaagster se skuilnaam) het ’n “lekker tyd” gehad. “As ’n vrou dit (seks) nie geniet nie, loop sy vroeg in die oggend. Dié wat dit geniet, wag totdat die son opkom en vra ontbyt en taxigeld. Dié oggend het daardie vrou ontbyt en taxigeld gevra. Jy vra nie taxigeld van iemand wat jou verkrag het nie.”

Hy het vroeër in die hof ontken hy het dié uitlatings oor vroue in die algemeen gemaak. “Ek het spesifiek van haar (die klaer) en dié saak gepraat.”

Todd het gesê: “Geslagsdiskriminasie is nie so sigbaar soos rassisme nie, maar is ewe ernstig.

“Sy woorde is nog gevaarliker omdat hy dit by ’n openbare politieke byeenkoms gesê het... jong mense, wat hom as rolmodel sien, het na hom kom luister”

Tumi Mokwena, Malema se prokureur, het gesê Malema se woorde is uit verband geruk.

“Net dié enkele sinne is aangehaal. As na die hele konteks gekyk is – Malema is gevra om kommentaar te lewer op Zuma se verkragtingsaak – sou hulle verstaan het wat hy bedoel.”

Uitspraak is voorbehou.

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.