Malema sê wie hý soek vir Bafana-breier

2009-10-20 11:52
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die omstrede president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, sê Lucas Radebe is sy eerste keuse vir Bafana-breier.

"Ons het die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) gesê Joel Santana moet waai," het Malema gesê.

Joel Santana het Maandag, agt maande voor die 2010-Wêreldbeker-toernooi, bedank.

Die jeugliga wil egter nie nie hê die Brasiliaan, Carlos Alberto Parreira moet na die posisie wat hy verlede jaar verlaat het, terugkeer nie.

Parreira se naam is reeds in die hoed gegooi vir Santana se opvolger.

"As Parreira terugkeer, sal dit 'n terugslag wees. Ons (Bafana Bafana) het met die plaaslike afrigters gewen. Ons het niks gewen met die buitelandse afrigters nie. Ons het dié punt duidelik gemaak aan Safa," het Malema aan joernaliste in Johannesburg gesê.

Malema sê as die nasionale sokkerspan met 'n plaaslike afrigter verloor het, was dit ten minste op 'n "waardige" manier.

Op die vraag of hy enige iemand in gedagte het, het Malema gesê Bafana Bafana kan 'n "soliede" span vorm met 'n afrigter soos Lucas Radebe.

Radebe is die voormalige kaptein van Bafana Bafana. Hy het ook in Engeland gespeel. Hy het egter nog nie spanne afgerig nie.

"Lucas spreek homself duidelik en onafhanklik uit. Hy laat hom nie voorsê van enige iemand in die sokkergemeenskap nie."

Malema het dit ook duidelik gemaak dat hy nie 'n "ou man" as afrigter wil hê nie.

"Hoekom sal die span 'n afrigter soos Shakes Mashaba, Jomo Sono of Clive Barker soek? Hulle is oud. Kom ons gee die jonges 'n kans om te wys wat in hulle steek."

– Sapa   
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.