Malema se uitlatings skokkend, sê Lekota

2011-05-10 09:22
Tweets Share Share line Print

Upington - Die uitlatings van Julius Malema, ANC-jeugligaleier, dat wit mense misdadigers is, het hom geskok.

Met pres. Jacob Zuma en Malema saam stuur Suid-Afrika op ’n ramp af, het Mosiuoa Lekota, nasionale Cope-leier, Maandag hier aan sakelui gesê. Volgens hom is die land onder die ANC in dieselfde rigting as soveel ander Afrika-lande op pad.

Die ANC het ’n bedreiging vir almal in die land geword, en is vrot “van die kop af”.

Lekota het Maandag met ’n blitstoer deur die Noord-Kaap begin wat tot vandag duur.

Lekota het op die Internasionale Lughawe Upington aan sakelui gesê korrupsie het die regering oorgeneem. “Ons het eintlik nou geen regering nie.”

“Elke tender wat toegeken word, dui aan dat daar ’n netwerk is wat bepaal wie dit gaan kry. Op provinsiale vlak in die Noord-Kaap weet ons wat die situasie is met onder andere John Block. In die Vrystaat is die vlak van korrupsie verstommend.”

Block is die Noord-Kaapse ANC-voorsitter en LUR vir finanies, ekonomie en toerisme wat van bedrog en rampokkery aangekla word.

Lekota het verwys na onder meer ’n reis van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, en andere, na New York sonder dat sy ’n enkele vergadering bygewoon het van die beraad waarheen sy gegaan het.

“Daar is nog geen verklaring van die regering of die geld teruggekry gaan word nie.”

Hy het ook verwys na die skuldigbevinding aan dwelmsmokkelary van Sheryl Cwele, vrou van Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid. Zuma het geweet van die aanklagte teen haar toe hy haar man as minister aangestel het.

“Hoeveel ander mense in die regering is betrokke by die dwelmbedryf?”

Malema se uitlatings in Kimberley wys hoe die ANC van die oorspronklike pad afgewyk het. “Ek loop die pad van (Nelson) Mandela. Suid-Afrika behoort aan ons almal, en ons moet almal saamwerk.

“Zuma en Malema se pad verskeur ons, en voorspel ’n ramp vir Suid-Afrika. Die ANC is ’n groot bedreiging vir Suid-Afrika.”

Hy het Cope as die enigste alternatief vir die ANC bestempel.

- Volksblad

Lees meer oor: mosiuoa lekota  |  julius malema  |  anc  |  cope

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.