Malema se nuwe 'reëlboek'
2011-11-20 17:00
Kaapstad - Leiers van die ANC-jeugliga beweer dat Julius Malema en van sy ondersteuners veranderinge aan die party se grondwet aangebring het in ‘n poging om hul geskorste president te bas te red.
Dit is glo gedoen om Malema se politieke loopbaan te red, het Mthandeni Dlungwane, ‘n lid van die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal se afgedankte bestuur, gesê.
Malema het ná sy skorsing aan die media gesê dat die nasionale dissiplinêre komitee op die ou grondwet van die jeugliga staatgemaak het, wat sê dat die ANC se reëls vir die jeugliga geld.
Volgens Malema is die grondwet aangepas tydens die jeugliga se konferensie in Junie, wat beteken dat sy straf deur die ANC nie van toepassing was op sy leiers nie.
Nietemin het die leiers van die geskorste provinsiale uitvoerende komitee Sondag aan verslaggewers in Durban gesê dat die veranderinge gefabriseer is en dat hulle wil hê die ANC moet die saak ondersoek.
Die provinsiale uitvoerende komitee is deur die ANCYL afgedank omdat hulle lede toegelaat het om die besluite van die nasionale uitvoerende raad uit te daag.
Lede van die afgedankte komitee sien hulself steeds as die jeugliga se leiers in KwaZulu-Natal, ten spyte van die feit dat die provinsiale taakspan aangestel is om hulle te vervang.
Volgens dié komitee is die veranderinge wat tydens die kongres in Junie aan die grondwet gemaak is reeds tydens die nasionale uitvoerende vergadering in Julie aangeneem.
Die veranderinge wat ons nou sien, is nie dié wat ons ken nie. Malema en sy vriende kan nie net die grondwet verander nie, het Sboniso Duma, ‘n voormalige leier van die geskorste komitee, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA