Malema se lot volgende week bekend
2011-11-04 15:17
Johannesburg – Slotbetoë in die dissiplinêre verhoor van Julius Malema, die president van die ANC-jeugliga, is herskeduleer na Sondag.
“Die verhoor is geskuif na Sondag. Saterdag was ‘n probleem vir ‘n paar mense,” het Derek Hanekom, die voorsitter van die dissiplinêre komitee van die ANC-jeugliga, Vrydag gesê.
Die komitee het ‘n paar dae nodig om die uitspraak oor al vier sake te skryf.
Die verslag sal dan na die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, gestuur word, waarna dit teen die einde van volgende week aan die publiek bekendgemaak sal word, het Hanekom gesê.
Die ANC het Malema daarvan beskuldig dat hy die party se naam oneer aangedoen het en dat hy onmin in die party veroorsaak het.
Dit is nou die tweede keer dat die sessie herskeduleer is. Slotbetoë was oorspronklik vir Donderdag beplan en toe na Saterdag uitgestel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA