Malema se lewe glo in gevaar
2009-11-07 13:06
Johannesburg – Julius Malema se lewe is in gevaar, en lyfwagte is nou aangestel om hom dag en nag te beskerm, het die polisie se ministerie Saterdag aangekondig.
Zweli Mnisi, ministeriële woordvoerder het gesê ‘n analise, gedoen deur die misdaad-intelligensie-eenheid het onthul dat die ANC Jeugleier dreigemente ontvang, en dus beskerm moet word.
“Hy het ‘n brief aan ons geskryf waarin hy gesê het sy lewe is in gevaar. Ons eenheid het ondersoek ingestel, en voorstelle aan die polisiekommisaris deurgestuur.”
“Gebasseer op ons bevindinge, was daar besluit op lyfwagte,” het Mnisi gesê.
Hy kon egter nie meer oor die bevindinge van die ondersoek uitbrei nie, en het koerant gerugte ontken dat Malema doodsdreigemente ontvang het.
“Ek kan nie die aard van die dreigemente bekend maak nie, en ek ontken dat ek glo gesê het Malema kry doodsdreigemente,” het hy gesê.
Floyd Shivambu, ANC woorvoerder wou ook nie oor die aangeleentheid praat nie, en het gesê hy dra nie kennis van die situasie nie.
“Al het ons geweet gaan ons nie kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.”
Die ANC het Saterdag in ‘n verklaring gesê hulle is bekommerd oor die dreigemente, en dat Malema geregtig is om deur lyfwagte beskerm te word, ten spyte daarvan dat opposisie partye gesê het dit is onnodige vermorsing van taksbetalers se geld.
“Prominente leiers van politieke partye is geregtig om lyfwagte te gebruik, wanneer hul persoonlike lewe in gevaar is,” het Jackson Mthembu, nasionale ANC woordvoerder gesê.
Volgens hom was die reaksie van die Demokratiese Alliansie (DA) en Onafhanklike Demokrate (OD) ‘verregaande en onsensitief’.
Maar Dianne Kohler-Barnard, woordvoerder van die DA het volgehou dat Malema nie geregtig is tot die gebruik van lyfwagte nie.
“Van wanneer af betaal die staat vir lede van politieke partye om beskerming te kry. Hierdie man is nie ‘n politikus nie, hy is maar net ‘n hoof van een van die eenhede binne die ANC. Watter regte het hulle om taksbetalers se geld op hom te spandeer."
“Ek dink dis verregaande dat hulle taksbetalers se geld op Malema gebruik, wanneer hy die een is wat dreig om mense dood te maak. Hy het dit oor homself gebring,” het sy gesê.
- Sapa