Malema se boetes beloop duisende

2009-09-27 10:45
Tweets Share Share line Print

Julian Rademeyer

Julius Malema is net so vinnig met sy kar as met sy bek – en hy betaal nie sy spoedkaartjies nie.

Die president van die ANC-jeugliga – alombekend vir sy gladde mond, liefde vir vinnige karre en laatnag-partytjies – het in die laaste twee jaar versuim om 14 boetes vir verkeersoortredings te betaal wat saam R5 000 beloop, berig Rapport.

En hy’s nie die enigste Jeug-liga-leier wat in die pekel is nie. Die woordvoerder Floyd Shivambu het sedert Augustus verlede jaar 12 onbetaalde boetes agter sy naam waarvoor hy R2 625 skuld.

Malema het Vrydagaand oudergewoonte die raskaart uitgepluk toe hy oor sy uitstaande spoedkaartjies uitgevra is.

“Ek ken net revolusie, ek weet niks van motorbestuur nie,” het Malema telefonies vanuit Amerika gesê.

“Laat ek jou vertel, my vriend, ek het jou en jou apartheidsregime oorwin en ek gaan jou weer verslaan, eens en vir altyd!

“Almal van julle saam kan niks aan my doen nie. Jy mors jou tyd.

“Ek is ’n kind van helde en heldinne van die struggle. Ek is nie ’n kind van lafaards en onderdrukkers nie. Ek is nie ’n kind van ’n imperialis nie.

“Ek het koloniseerders verslaan. Ek gaan die kinders van die kinders van die koloniseerders verslaan.”

Hy het nie ontken dat hy uitstaande boetes het nie, maar gevra: “Is jy seker dis ek in die motor? Ken jy ’n kar genaamd ­Julius?”

Malema se inkswart Mercedes- Benz C350 is op 21 September verlede jaar teen ’n spoed van 169 km/h op die N1-suid naby Johannesburg afgeneem. Hy’t versuim om die boete van R1 100 te betaal.

Net die vorige dag is Malema afgeneem toe hy teen 146 km/h gery het. Hy’t hard gerem om spoed te verminder, maar die kamera was te vinnig vir hom.

Sy jongste oortreding was vroeër vandeesmaand toe hy met R750 beboet is.

’n Woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, insp. Edna Mamonyane, het gesê ’n lasbrief vir ’n oortreder se inhegtenisneming word gewoonlik uitgereik indien ’n boete ná 90 dae nog nie betaal is nie, of die vermeende oortreder versuim het om in die hof te verskyn.

Mamonyane het bygevoeg dit kan soms “’n bietjie langer duur” en wou nie uitwei oor Malema nie.

Shivambu het Vrydag gesê hy was onbewus van sy eie en Malema se uitstaande boetes.

“Ek dink jy’s baie verveeld,” het hy by navraag gesê. “Ek weet nie waarvan jy praat nie. Ek kan nie kommentaar lewer voordat ons nie seker gemaak het waar jy die inligting gekry het nie. Jy kon dit in jou kop opgemaak het.”

Shivambu het die foon toe neergesit.

Malema het vroeër vandeesmaand gesê mense wat gal braak oor ministers wat duur rygoed met belastingbetalers se geld koop, is bloot jaloers.

“Om ’n Mercedes-Benz te ry kan nie korrupsie wees nie. As dit is hoe julle korrupsie defi­nieer, is julle net jaloers,” het hy volgens berigte gesê.

- Malema en die adjunkminister van polisie, mnr. Fikile Mbalula, was vandeesweek in die Amerikaanse hoofstad, Washington, DC, om “Suid-Afrika te bevorder en Amerikaners aan te moedig om in die land te belê”.

Die omstrede “Suid-Afrika- week” val saam met die jaarlikse konvensie van die sogenaamde swart koukus van die Amerikaanse kongres.

Dié twee sou ’n aantal vergaderings, asook dinees, ’n wynproe, modevertoning en konsert bygewoon het.

Die Suid-Afrika-week is gereël deur Khabo-Mabe On Time Inc., ’n maatskappy wat bestuur word deur die Suid-Afrikaner mnr. Kennedy Khabo.

Vroeër vanjaar het ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington Khabo beskryf as ’n “gediskrediteerde persoon wie se boeke nie skoon is nie”.

Carte Blanche het verlede jaar onthul die Tshwane-metroraad het meer as R2 miljoen aan dié week bestee en dat dit “niks meer as ’n groot partytjie” was nie.

Die openingsaand verlede jaar is deur net 25 mense bygewoon – van wie tien Tshwane-amptenare was.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.