Malema-skorsing effektief in werking

2012-02-04 15:00
Tweets Share Share line Print

 Johannesburg – Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, en ander leiers van die jeugliga se appèl teen hul skorsing het misluk, het Cyril Ramaphosa, voorsitter van die ANC se nasionale tug-appèlkomitee, aangekondig.

Ramaphosa het Saterdag dié aangekondig op 'n mediakonferensie by Luthuli-huis gemaak. Die mediakonferensie het omstreeks 13:40 begin, nadat dit aanvanklik vir 11:30 geskeduleer was.

Malema kan sy skorsing uit die party in 'n hof betwis. Maar die skorsing tree effektief in werking.

Die jeugliga het ondermeer aangevoer dat daar 'n hele aantal ongerymdhede was in die tugproses.

Die jeugliga het gesê een van die ongerymdhede wat daar was, is dat Derrick Hanekom, Susan Shabangu en Collins Chabane hulself aan die tugproses moes onttrek. Ramaphosa het gesê dié argument was ongegrond.

Malema het tereggestaan op aanklagte dat hy die ANC in oneer bring en verdeeldheid saai in die range van die regerende party. Malema is ook aangekla oor sy uitlatings oor ’n regimeverandering in Botswana. Hy is skuldig bevind en 'n skorsing van vyf jaar opgelê.

Malema, Floyd Shivambu, Ronald Lamola, adjunkleier van die jeugliga, Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, adjunk-sekretaris-generaal, en Pule Mabe, tesourier-generaal is ook daarvan aangekla dat hulle ongenooid by 'n vergadering van die ANC opgedaag en dié vergadering ontwrig het.

Hulle is skuldig bevind op dié aanklag en twee jaar geskors. Die skorsing is opgeskort vir 'n tydperk van drie jaar.

Die appèl teen dié skorsing op dié aanklag was suksesvol.

Shivambu se appèl, wat verband hou met 'n aanklag dat hy 'n joernalis gevloek en 'n verklaring wat hy uitgereik het, het ook misluk.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lees meer oor: julius malema  |  anc  |  politiek  |  ancyl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
92 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Hierdie moordenaars is heel duidelik totaal gewetenlose psigopate. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.