Malema se Zim-uitsprake ‘laaste strooi’ vir Zuma

2010-04-12 06:28
Tweets Share Share line Print

Philda Essop

Kaapstad - Julius Malema se omstrede uitsprake oor Zimbabwe was die laaste strooi vir pres. Jacob Zuma.

Sy steun vir pres. Robert Mugabe se Zanu-PF-party in die komende Zimbabwiese verkiesing het die bemiddelingsproses erg vir Zuma bemoeilik, het prof. Dirk Kotzé, politieke kundige aan Unisa, gister gesê.

Zuma het eergister gesê Malema se optrede en uitsprake is “totaal vreemd vir die kultuur van die ANC”.

Volgens Kotzé is sukses in die Zimbabwiese onderhandelings baie belangrik vir Zuma. “Sukses beteken dat Zuma die respek en aansien wat hy oor die afgelope paar maande verloor het, kan terugwen. Deur te sê die ANC steun slegs een party in Zimbabwe, was die laaste strooi vir Zuma.”

Kotzé glo dit gaan vir Malema moeilik wees om voortaan sy uitsprake af te water. “Daar was egter ’n duidelike wending in die top leierskap van die ANC – as hy voortgaan, gaan hy moeilikheid kry.”

Malema het vroeër ook onder skoot gekom vir die sing van die strydlied “Skiet die boer” en omdat hy ’n BBC-joernalis uit ’n perskonferensie van die ANC-jeugliga gejaag het.

Prof. Susan Booysen, politieke kundige aan die Universiteit van Johannesburg, meen egter nie een sterk teregwysing gaan Malema stilmaak nie.

“Dit is min dat die ANC sulke teregwysings in die openbaar laat uitspeel.”

- Die Burger

Lees meer oor: politieke  |  zimbabwe

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

frankflower sê... Naar, Pienaar, Kotze... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Service Account Manager (CRM development experience)

Cape Town, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.