Malema sal vandag om versagting pleit

2012-02-13 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, kry Maandag kans om redes aan te voer oor waarom sy skorsing van vyf jaar uit die ANC versag moet word. Dit geld ook die woordvoerder van die jeugliga, Floyd Shivambu.

Die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee (NDAK) het sowat twee weke gelede aangekondig dat Malema en Shivambu se appèl teen hul skuldigbevinding in November misluk het.

Cyril Ramaphosa, voorsitter van die komitee, het egter ’n versoek van hulle toegestaan om versagtende omstandighede voor die NTK te bring. Die ANC sal ook verswarende omstandighede kan aanvoer. Dit beteken hul straf kan verlig of verswaar word.

Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se nasionale tugkomitee (NTK), het Sondag bevestig dat die proses Maandag voortduur. Dit is onduidelik hoe lank die proses sal wees.

Prof. Susan Booysen, politieke ontleder aan die Universiteit van die Witwatersrand, het Sondag gesê die ANC sal probeer om die skorsing op vyf jaar te hou.

“Uit ’n politiek strategiese oogpunt het die Zuma-kamp oorwinning gesmaak en hulle sal dit wil beskerm. Ek dink as hulle vermoed ’n ligter straf word oorweeg, sal hulle ingaan met verswarende omstandighede.”

Prof. Amanda Gouws van die departement politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê die saak kan “enige kant” toe gaan.

“Die ANC het Malema toegelaat om versagtende omstandighede aan te voer, maar die party mag ook verswarende omstandighede opper. Dit beteken sy vonnis kan selfs verswaar word. Ek dink die appèlkomitee sal sy getuienis aanhoor, maar sy vonnis van ’n skorsing van vyf jaar sal bly staan.”

Malema gaan luidens ’n City Press-berig glo aanvoer dat sy vonnis vir die 2010-verhoor nie “selektief” toegepas kan word nie.

Pres. Jacob Zuma het in ’n onderhoud aan dié Sondagblad gesê hy kan “nie bespiegel” oor waarom drie sanksies van Malema se 2010-verhoor nie toegepas is nie.

Hieronder tel ’n boete van R10 000, woede-beheerklasse en politieke opvoeding.

Die ANC se nasionale tugkomitee het Malema in November vir vyf jaar uit die party geskors. Ingevolge sy 2010-vonnis kan hy uit die party geskors word indien hy binne twee jaar daaraan skuldig bevind word dat hy verdeeldheid in die party saai.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Amanda sê... Ek dink as die swartes kan tooi tooi, moet ons wittes dit ook doen eendag en almal op trek en almal optrek na die ANC HUIS en gaan klippe gooi en tyres brand tot Zuma se hy bring die doodstraf terug. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.