Malema ‘sal nie dié keer wegkom’

2011-08-20 07:14
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Dié keer wil die ANC seker maak mnr. Julius Malema, sy jeugleier, kom nie weg nie.

Dít is volgens inligting die regerende party se benadering tot die hangende tugsaak teen Malema en sy regterhand, Floyd Shivambu, jeugliga-woordvoerder.

Albei is gister daarvan aangekla dat hulle “verskeie” bepalings in die ANC se grondwet geskend het.

Dit sluit in dat hulle onenigheid in die party saai en dat hul uitlatings oor ’n regimeverandering in Botswana die ANC in oneer gebring het.

Hul tugverhoor sal op 30 en 31 Augustus gehou word.

Malema kan weens ’n opgeskorte straf wat hy hom verlede jaar ná ’n soortgelyke tugproses op die hals gehaal het onmiddellik uit die party geskors word.

Boonop word sy geldsake ook nou amptelik deur die Valke ondersoek terwyl die openbare beskermer ’n ondersoek begin het na ’n onderneming waarmee hy glo bande het.

Malema het in die tugsaak verlede jaar op ’n soortgelyke klag skuld beken.

Hy het toe in ’n pleitooreenkoms erken sy uitlating dat “nie eens (oudpres. Thabo) Mbeki ons behandel het soos (pres. Jacob) Zuma nou nie” het verdeeldheid veroorsaak.

Drie ander klagte – oor sy sing van die lied met die woorde “dubula iBhunu”, sy behandeling van ’n BBC-joernalis en uitlatings oor Zimbabwe – is destyds laat vaar.

Zuma het gister, op die eerste dag van ’n spesiale vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, gesê daar is ’n behoefte om dissipline in die party te bespreek.

Hy het in ’n verklaring bygevoeg die tradisionele karakter, kultuur en waardes van die ANC moet behoue bly as die party wil groei.

Na verneem word, is die besluit om Malema nou aan te kla geneem ná deeglike oorweging van die moontlikheid om hom suksesvol te vervolg.

Daar word gemeen Malema se vorige tugverhoor was ’n mislukking omdat die getuienis en bewyse nie waterdig was nie en die vervolging lomp was.

Boonop was daar verdeeldheid onder die leiers of dit wys sou wees om Malema só te tug.

Daar word gemeen dit sal dié keer moeilik wees om die klagte teen hom te ontduik.

Voorts was dit laas net Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal, wat klagte ingedien het.

Dié keer dien die ses top­leiers dit saam in.

Dit sal ook beteken dat Mathews Phosa, tesourier, Malema nie weer sal kan verdedig nie.

Die jeugliga het nie amptelik op die verwikkelings gereageer nie.

Daar word verneem hoewel die tugstappe nie onverwags is nie, daar verontwaardiging is dat hul twee leiersfigure uitgesonder word.

Daar word ook gemeen dit hou verband met die ANC se nasionale konferensie volgende jaar en dat die jeugliga gestraf word omdat hy hom reeds daarvoor beywer dat Fikile Mbalula, minister van sport, Mantashe vervang.

Die jeugliga se plan is glo om aan te voer Malema en Shivambu voer bloot hul lede se mandaat uit, soos wat op hul onlangse konferensie besluit is.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: floyd shivambu  |  julius malema  |  ancyl  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.