Malema sal g’n aftree, sê biograaf

2011-11-29 09:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – “Julius Malema sê hy wil ’n beesboer word. Hy is klaar met politiek. Hy tree uit. Ek sê nonsens,” het Fiona Forde, die skrywer van Malema se ongemagtigde biografie, An Inconvenient Youth, Julius Malema and the ‘New’ ANC, gesê.

Forde het Maandag ’n woelige gehoor by die Universiteit van Kaapstad se bestuurskool toegespreek.

“Malema is te honger na mag, te veel van ’n vegter en te jonk om nou te wil aftree. Hy sal doen wat hy tot dusver gedoen het: die massas bymekaar jaag om agter hom te staan wanneer die tyd ryp is vir hom om weer aktief tot die politiek toe te tree. Die vraag nou is eerder hoe hy sy saak gaan veg? Wie gaan hulle agter hom skaar? Wie gaan hom as die leier van hul kiesafdeling wil hê?”

Want die punt is, het sy gesê, in drie jaar het omstandighede in dié land ’n Malema opgelewer en al is hy geskors, het niks omtrent dié omstandighede verander nie.

“Daar is steeds armoede, korrupsie, swak onderwys, ’n land verdeel volgens ras en sosio-ekonomiese groeperings en daar is steeds geen leiding óf visie van regeringskant nie. Dit is alles elemente wat Malema met groot vaardigheid (en briljante strategie, as in ag geneem word hy het dit as 28-jarige sonder noemenswaardige lewenservaring reggekry) gemanipuleer het om sy sin te kry: om voor te gee hy is die stem vir die stemlose massa. Dit het hom politieke mag gegee, status en rykdom. Hy het die simbool geword van ’n “nuwe” ANC.

“Dít is wat op die ou end sy ondergang beteken het,” het Forde gesê. “Malema het toegelaat dat sy arrogansie handuit ruk. Hy het sy rykdom, sy blink leefstyl, sy mag onder almal se neuse gevryf.

“Malema is nie deur die moedermaatskappy gedissiplineer nie. Hy is opsy geskuif omdat hy vir die leiers ’n bedreiging geword het.”

Vrae of Malema ’n Robert Mugabe of selfs Hitler is, het Forde afgewys met: “Om te verstaan waar Malema vandaan kom, moet ’n mens die kompleksiteit van Suid-Afrika verstaan – ’n land met ’n Eerstewêreld-ekonomie en Derdewêreld-realiteit; waar nog géén gesprek oor ware transformasie was nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema  |  politiek  |  ancyl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.