Malema 'sal ANC nooit hof toe vat nie'

2011-11-13 23:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal nooit die regerende party hof toe vat nie, het hy in ‘n onderhoud met Carte Blanche gesê wat Sondag uitgesaai is.

“Ek sal appelleer aan die NDK (Nasionale Dissiplinêre Komitee)... en as ek verloor, sal ek appelleer aan die ANC NUK (Nasionale Uitvoerende Komitee)... of as dit faal, sal ek ‘n petisie opstel onder die nasionale kongres van die ANC,” het Malema in die onderhoud, wat opgeneem is vóór die aankondiging van sy skorsing Donderdag, gesê.

“Ek het geen probleem nie... ek het al die regte kanale gevolg... ek sal nooit die ANC hof toe vat nie... indien die appèl faal, sal ek aanvaar dat dit die einde van my politieke loopbaan is.”

Malema is as leier van die Jeugliga geskors nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ernstige verdeeldheid binne die ANC gesaai en die party se naam in oneer gebring het.

“My bloed is swart, groen en goud. Selfs al word ek geskors, sal ek ‘n lid en ‘n lojale ondersteuner van die ANC bly. Ek is as ‘n ANC-lid gebore,” het hy gesê.

Hy het gesê die aanklagte teen hom is “ongeregverdig” en dat al wat hy kan doen is om ‘n goeie saak voor die komitee te lê.

Hy het ook gesê hy is nie in stryd met President Jacob Zuma nie en dat hy homself nie as ‘n omstrede figuur beskou nie.

“Ek is nie in stryd met Zuma nie. Ek sal nooit wees nie.”

Sy opmerkings in onlangse jare dat hy sou “moor vir Zuma” is buite konteks aangehaal, het hy gesê.

“Toe ek dit gesê het, was dit nie oor my persoonlike verhouding met hom nie... ek is nie sy spesiale vriend nie... ek het nie eens sy selfoonnommer nie.”

Malema het gesê hy het geen voorneme om die President van Suid-Afrika te word nie.

“Daardie posisie is baie gekompliseerd... selfs as die beweging my ‘n mandaat gee om dit te doen... laat ek nie dislojaal teenoor die beweging wees nie... ek sal sê hierdie is te groot vir my.”

Hy het gesê hy wou altyd in die ANC wees om mense te help en te lei.

Die politikus, wat onlangs een van die mees magtige jongmense in Afrika genoem is deur Forbes, het gesê hy baklei daarvoor dat die minerale hulpbronne in Suid-Afrika gedeel moet word.

“Die werklike vyand is wit monopolie-kapitaliste... wit diktatorskap is wat vandag gebeur... sê vir my ek is verkeerd... dan sal ek dit aanvaar.

“Die gaping tussen ryk en arm word groter. Dit is rasgedrewe en seksisties... dit is net wit mans wat ryker word, nie eens wit vroue nie... dit sal nooit toegelaat word nie,” het hy gesê.

Gevra of hy witmense haat, het Malema gesê: “Nee... hulle het ‘n spesiale plek in ons harte. Hulle het ‘n bydrae om te lewer in hierdie land.”

Malema staan ook die onteiening van grond sonder vergoeding voor.

“Ons wil... die grond onteien en aan die publiek gee... die regering het ‘n reg om te onteien. Ons het hierdie grond nodig.”

Hy het ook toegegee dat nasionalisering nie ANC-beleid is nie.

“Wie het gesê dit is ANC-beleid... as dit ANC-beleid was, sou ons [die Jeugliga] dit nie voorgestel het nie.”

Die kwessie van nasionalisering sal volgende jaar by die ANC se konferensie in Mangaung bespreek word, het hy gesê.

Oor die kwessie van Tenders het Malema gesê hy het nog nooit tenders gemanipuleer nie. “Ek is ‘n politikus. Ek ken die spel. Die Openbare Beskermer het al maatskappye waarmee ek verbind word, ondersoek. Ek het niks verkeerd gedoen nie. As daar ‘n bewering van korrupsie is, laat die spel oop wees.”

- Volg Nuus24 op Twitter


 

- SAPA

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.