Malema-sakebelange lei glo tot hoë se skorsing

2011-11-09 09:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se sake-tentakels, wat nou glo selfs tot in Mpumalanga strek, het verlede Vrydag daartoe gelei dat die bestuurshoof van die reeds sukkelende departement van gesondheid geskors is.

Dr. Jerry Mahlangu is verlede week glo summier deur premier David Mabuza geskors omdat hy (Mahlangu) na bewering ’n tender toegeken het aan ’n maatskappy waarin Malema belange het.

Lebona Mosia, woordvoerder van Mabuza, het Dinsdag bevestig dat nog niemand in Mahlangu se pos waarneem nie.

Bykans ’n week ná Mahlangu se skorsing swyg Mabuza steeds oor die saak.

Mahlangu is glo geskors nadat Isibo-nelo Waste Solutions ’n tender van R120 miljoen gekry het vir die verwydering van mediese afvalmateriaal by hospitale.

Nie die gesondheidsdepartement óf die premierskantoor wou gister sê watter probleme, indien enige, met dié tender bevind is nie. “Ons wag nog op Mabuza se leiding,” het Mosia Dinsdag gesê.

Die Sowetan, wat anonieme bronne in die departement van gesondheid aanhaal, het die naweek berig Mabuza het glo ’n ander voorkeurkandidaat gehad vir die tender, maar dat Mahlangu hom teëgegaan en Isibonelo aangestel het.

Malema se bande met Isibonelo kom glo via Christos Eleftheriades, ’n mede-aandeelhouer van die maatskappy. Eleftheriades en Malema is albei betrokke by Tshumisano, ’n Limpopo-maatskappy wat vroeër ’n tender van R20 miljoen gekry het vir die verwydering van mediese afval in die provinsie.

“Die gesondheidsdepartement is al in ’n erge krisis. Met Mahlangu, een van die beste departementshoofde in Mpumalanga, se skorsing is dit rigtingloos ook,” het die DA gesê.

Mahlangu het Dinsdag nie op Beeld se versoeke om kommentaar gereageer nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.