Malema reg om Zuma te pak

2011-08-29 09:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die politieke oorlewingstryd tussen pres. Jacob Zuma en Julius Malema, ANC-jeugleier, het in alle erns begin.

Die ANC-jeugliga is aan die laer trek rondom Malema en “duisende” van sy ondersteuners gaan na verwagting vandag reeds na Luthuli-huis opruk om te eis dat die tugstappe teen hul beleërde leier laat vaar word.

Malema en sy adjunk, Floyd Shivambu, word daarvan beskuldig dat hulle die ANC se naam deur die modder gesleep het toe hulle onlangs gedreig het om die regering van Botswana omver te werp.

Die jeugliga het die naweek landwyd sy lede gemobiliseer om Malema en Shivambu te ondersteun en haastig vergaderings is in talle groot stede gehou.

Dít in vergelyking met ’n betreklik lae profiel wat deur die Zuma-kamp gehandhaaf is.

In die Wes-Kaap het ondersteuners van die jeugliga in Nyanga vergader. ’n Woordvoerder, Jabu Mfusi, het die ANC daarvan beskuldig dat hy vergeet het die jeugliga is ’n outonome organisasie wat vryheid van spraak geniet.

Prof. André Duvenhage, politieke kenner verbonde aan die Noordwes-Universiteit, het gesê hierdie is die ANC se “oomblik van waarheid” in die aanloop tot sy leierskonferensie in Mangaung aanstaande jaar.

Hy het dit vergelyk met die aanloop tot Polokwane toe oudpres. Thabo Mbeki uit die kussings gelig is, maar gesê Zuma is ’n veel sterker en meer uitgeslape teenstander as Mbeki wat sy eie steun “heeltemal oorskat het”.

Duvenhage meen daarom is Malema se kans op oorlewing skraal. “’n Mens kan byna sê Zuma is só besig om seker te maak dat hy as ANC-leier oorleef dat hy sy pligte as staatshoof afskeep.”

Die ANC-woordvoerder, Jackson Mthembu, het nie gister oproepe beantwoord nie. En Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het botweg geweier om kommentaar te lewer op bespiegelings in die naweekkoerante.

Shivambu wou ook nie met die media praat nie.

Ayanda Kasa-Ntsobi, die jeugliga se provinsiale sekretaris in Gauteng, het bevestig dat hulle bankvas agter hul leiers staan.

Kebby Maphatsoe, voorsitter van die Umkhonto weSizwe militêre veterane-organisasie, het Sondag gewaarsku dat hulle die ANC se hoofkantoor en leiers “met hul lewe” sal verdedig.

Dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, het gesê hulle verwelkom die ANC se planne om “respek vir organisatoriese demokrasie en dissipline” te handhaaf.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.